Spreuke Chapter 24

For English

Read Spreuke Chapter 24 Online

Read Spreuke Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 24

Hoofstuk 24

1. Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.

2. Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.

3. Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;

4. en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.

5. ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag.

6. Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.

7. Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

8. Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word ‘n skelm genoem.

9. Die sonde is ‘n dwase voorneme, en die spotter is ‘n gruwel vir die mensdom.

10. Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.

11. Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!

12. As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! —sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.

13. Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.

14. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

15. Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.

16. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

17. As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,

18. dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

19. Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.

20. Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.

21. My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.

22. Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?

23. Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.

24. Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! —die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.

25. Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.

26. Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.

27. Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.

28. Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?

29. Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen—ek sal die man vergelde na sy werk.

30. Ek het by die land van ‘n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ‘n verstandelose mens,

31. en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.

32. En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:

33. Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus;

34. dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ‘n gewapende man.

About Spreuke Chapter 24

Read Spreuke Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 24?

Spreuke Chapter 24 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 1
  2. Spreuke Chapter 8
  3. Spreuke Chapter 3
  4. Spreuke Chapter 6
  5. Spreuke Chapter 23
  6. Spreuke Chapter 16
  7. Spreuke Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 48
  2. Psalms Chapter 30
  3. Lukas Chapter 7
  4. Josua Chapter 17
  5. Jeremia Chapter 31
  6. Eksodus Chapter 39
  7. Jona Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *