Read 1 Kronieke Chapter 11 Online
Read 1 Kronieke Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Kronieke 11
Hoofstuk 11
1. Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.
2. Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit— en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet ‘n vors wees oor my volk Israel.
3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle ‘n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.
4. En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.
5. En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
6. En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal ‘n hoof en ‘n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en ‘n hoof geword.
7. En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.
8. En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.
9. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE van die leërskare was met hom.
10. En dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.
11. En dít is die getal van die helde van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat op een keer gesneuwel het.
12. En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.
13. Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was ‘n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.
14. Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE ‘n groot oorwinning bewerk het.
15. En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.
16. En Dawid was toe in die bergvesting; en ‘n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
17. En Dawid het ‘n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
18. Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet
19. en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
20. En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en ‘n naam gehad onder die drie.
21. Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
22. Benája, die seun van Jójada, ‘n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en ‘n leeu binne-in ‘n kuil doodgeslaan op ‘n sneeudag.
23. Hy het ook ‘n Egiptenaar verslaan, ‘n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was ‘n spies soos ‘n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met ‘n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
24. Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ‘n naam gehad onder die drie helde.
25. Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
26. En die dapper helde was: Asahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
27. Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;
28. Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;
29. Síbbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet;
30. Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;
31. Itai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;
32. Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;
33. Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.
34. Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;
35. Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;
36. Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;
37. Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai;
38. Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;
39. Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;
40. Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;
41. Uría, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai;
42. Adína, die seun van Sisa, die Rubeniet, ‘n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig;
43. Hanan, die seun van Máäga; en Jósafat, die Mitniet;
44. Ussía, die Asteratiet; Sama en Jeï-el, die seuns van Hotam, die Aroëriet;
45. Jedíael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;
46. Éliël van Maháwim en Jeríbai en Josáwja, die seuns van Elnáäm; en Jitma, die Moabiet:
47. Éliël en Obed en Jaäsiël van Mesobája.
About 1 Kronieke Chapter 11
Read 1 Kronieke Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Kronieke
Chapter: 11
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Kronieke Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Kronieke Chapter 11?
1 Kronieke Chapter 11 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Kronieke
- 1 Kronieke Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 26
- 1 Kronieke Chapter 25
- 1 Kronieke Chapter 23
- 1 Kronieke Chapter 20
- 1 Kronieke Chapter 10
- 1 Kronieke Chapter 8
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 16
- Eksodus Chapter 3
- Eksodus Chapter 17
- Psalms Chapter 86
- Psalms Chapter 136
- 2 Kronieke Chapter 12
- Psalms Chapter 85