Read Hosea Chapter 10 Online
Read Hosea Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hosea 10
Hoofstuk 10
1. Israel was ‘n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.
2. Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.
3. Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie; en die koning—wat sou hy vir ons kan doen?
4. Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit—en soos ‘n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.
5. Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.
6. Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ‘n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.
7. Samaría word vernietig, sy koning is soos ‘n spaander op die water.
8. En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!
9. Sedert die dae van Gíbea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle—moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gíbea nie?
10. Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.
11. Maar Efraim is ‘n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.
12. Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.
13. Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.
14. Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter.
15. Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.
About Hosea Chapter 10
Read Hosea Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hosea
Chapter: 10
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hosea Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hosea Chapter 10?
Hosea Chapter 10 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hosea Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Hosea
- Hosea Chapter 6
- Hosea Chapter 2
- Hosea Chapter 12
- Hosea Chapter 12
- Hosea Chapter 7
- Hosea Chapter 11
- Hosea Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- Rigters Chapter 9
- Eksodus Chapter 31
- Psalms Chapter 84
- Daniël Chapter 3
- 2 Konings Chapter 20
- Deuteronomium Chapter 28
- 1 Samuel Chapter 12