Spreuke Chapter 22

For English

Read Spreuke Chapter 22 Online

Read Spreuke Chapter 22 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 22

Hoofstuk 22

1. ‘N Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.

2. Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.

3. ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

4. Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.

5. Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

6. Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

7. Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen.

8. Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.

9. Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.

10. Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.

11. Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is—die koning is sy vriend.

12. Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.

13. Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!

14. Die mond van die vreemde vroue is ‘n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.

15. As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.

16. Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.

17. Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.

18. Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.

19. Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

20. Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,

21. om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

22. Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.

23. Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.

24. Verkeer nie met ‘n driftige man nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,

25. sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ‘n strik vir jouself span nie.

26. Wees nie onder die wat ‘n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.

27. As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?

28. Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.

29. Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

About Spreuke Chapter 22

Read Spreuke Chapter 22 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 22
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 22 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 22?

Spreuke Chapter 22 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 22 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 7
  2. Spreuke Chapter 14
  3. Spreuke Chapter 31
  4. Spreuke Chapter 17
  5. Spreuke Chapter 3
  6. Spreuke Chapter 9
  7. Spreuke Chapter 21

Related Chapters & Readings

  1. Hosea Chapter 2
  2. Openbaring Chapter 17
  3. Josua Chapter 3
  4. Psalms Chapter 123
  5. Handelinge Chapter 12
  6. Eksodus Chapter 40
  7. Eksodus Chapter 25
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *