For English

Read Amos Chapter 5 Online

Read Amos Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Amos and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Amos 5

Hoofstuk 5

1. Hoor hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!

2. Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.

3. Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.

4. Want so sê die HERE aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!

5. Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.

6. Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ‘n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.

7. Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

8. Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde—HERE is sy Naam!

9. Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!

10. Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ‘n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

11. Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom ‘n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.

12. Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.

13. Daarom swyg die verstandige in so ‘n tyd, want dit is ‘n onheilspellende tyd.

14. Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.

15. Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.

16. Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.

17. Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE.

18. Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.

19. Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang byt hom!

20. Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ‘n ligstraal?

21. Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.

22. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.

23. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

24. Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom.

25. Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,

26. en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?

27. Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.

About Amos Chapter 5

Read Amos Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Amos
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Amos. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Amos Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Amos Chapter 5?

Amos Chapter 5 is part of the Book of Amos in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Amos Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Amos

  1. Amós Chapter 1
  2. Amos Chapter 6
  3. Amos Chapter 5
  4. Amos Chapter 4
  5. Amos Chapter 8
  6. Amos Chapter 5
  7. Amos Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Eksodus Chapter 29
  2. 2 Konings Chapter 10
  3. Numeri Chapter 24
  4. Psalms Chapter 53
  5. 2 Kronieke Chapter 12
  6. 1 Samuel Chapter 19
  7. 2 Konings Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 119
  2. Psalms Chapter 126
  3. Amos Chapter 3
  4. Psalms Chapter 29
  5. 2 Kronieke Chapter 34
  6. Psalms Chapter 15
  7. 2 Kronieke Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *