Spreuke Chapter 26

For English

Read Spreuke Chapter 26 Online

Read Spreuke Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 26

Hoofstuk 26

1. Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ‘n dwaas nie.

2. Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

3. ‘n Sweep is vir die perd, ‘n toom vir die esel en ‘n roede vir die rug van die dwase.

4. Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

5. Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

6. Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat ‘n boodskap stuur deur middel van ‘n dwaas.

7. Soos die bene van ‘n lamme slap afhang, so is ‘n spreuk in die mond van die dwase.

8. Soos een wat ‘n klip in ‘n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan ‘n dwaas.

9. Soos ‘n doring wat in die hand van ‘n dronkaard geraak het, so is ‘n spreuk in die mond van die dwase.

10. Soos ‘n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ‘n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

11. Soos ‘n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ‘n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

12. Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom.

13. Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu op die pad, ‘n leeu op die pleine.

14. ‘n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

15. Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

16. Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

17. Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie.

18. Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

19. so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

20. Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

21. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.

22. Die woorde van ‘n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

23. Silwerskuim waarmee ‘n potskerf oorgetrek is—so is gloeiende lippe en ‘n slegte hart.

24. Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

25. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

27. Wie ‘n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ‘n klip rol, dit sal na hom terugkom.

28. ‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang.

About Spreuke Chapter 26

Read Spreuke Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 26
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 26 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 26?

Spreuke Chapter 26 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 26 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 6
  3. Jesaja Chapter 3
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 31
  2. Spreuke Chapter 27
  3. Spreuke Chapter 17
  4. Spreuke Chapter 9
  5. Spreuke Chapter 28
  6. Spreuke Chapter 5
  7. Spreuke Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Job Chapter 28
  2. Spreuke Chapter 21
  3. Amos Chapter 7
  4. Genesis Chapter 36
  5. Daniël Chapter 8
  6. Deuteronomium Chapter 32
  7. Numeri Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *