Spreuke Chapter 16

For English

Read Spreuke Chapter 16 Online

Read Spreuke Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 16

Hoofstuk 16

1. Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.

2. Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.

3. Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

4. Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

5. Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ‘n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

6. Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk ‘n mens af van die kwaad.

7. As die HERE behae het in die weë van ‘n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

8. Liewer ‘n bietjie met geregtigheid, as ‘n menigte van inkomste met onreg.

9. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.

10. Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.

11. ‘n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.

12. Dit is ‘n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.

13. Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.

14. Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ‘n wyse man bring dit tot bedaring.

15. In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos ‘n wolk van die laat reëns.

16. Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

17. Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.

18. Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

19. Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.

20. Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.

21. ‘n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.

22. ‘n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.

23. Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.

24. Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente.

25. Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

26. Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.

27. ‘n Deugniet grawe ‘n kuil van onheil, en op sy lippe is soos ‘n brandende vuur.

28. ‘n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

29. ‘n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ‘n weg wat nie goed is nie.

30. Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.

31. Grysheid is ‘n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

32. Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ‘n stad inneem.

33. In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.

About Spreuke Chapter 16

Read Spreuke Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 16
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 16 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 16?

Spreuke Chapter 16 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 16 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 4

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 19
  2. Spreuke Chapter 22
  3. Spreuke Chapter 29
  4. Spreuke Chapter 1
  5. Spreuke Chapter 18
  6. Spreuke Chapter 30
  7. Spreuke Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Job Chapter 17
  2. Handelinge Chapter 24
  3. Matteus Chapter 1
  4. Efesiërs Chapter 1
  5. 2 Kronieke Chapter 16
  6. Handelinge Chapter 2
  7. Efesiërs Chapter 6
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *