Spreuke Chapter 25

For English

Read Spreuke Chapter 25 Online

Read Spreuke Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 25

Hoofstuk 25

1. Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.

2. Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.

3. Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

4. Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ‘n voorwerp uitkom;

5. verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

6. Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.

7. Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! —as dat jy verneder word voor ‘n edele wat jou oë gesien het.

8. Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

9. Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie,

10. sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

11. Goue appels op versierde silwerborde, so is ‘n woord op sy tyd gespreek.

12. ‘n Wyse bestraffer by ‘n oor wat luister, is ‘n goue ring en ‘n goue sieraad.

13. Soos die verkoeling van sneeu op ‘n oesdag, is ‘n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

14. ‘n Man wat hom beroem op ‘n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.

15. Deur lankmoedigheid word ‘n vors oorgehaal, en ‘n sagte tong verbreek die gebeente.

16. Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

17. Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

18. ‘n Knopkierie en ‘n swaard en ‘n skerp pyl, so is ‘n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.

19. ‘n Slegte tand en ‘n voet wat swik, so is die vertroue op ‘n ontroue in die dag van benoudheid.

20. Soos een wat ‘n kleed uittrek op ‘n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ‘n bedroefde hart met liedere verwelkom.

21. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

22. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.

23. Die noordewind bring ‘n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat—kwaai gesigte.

24. Om te woon op die hoek van ‘n dak, is beter as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.

25. Koue water op ‘n vermoeide siel, so is ‘n goeie tyding uit ‘n ver land.

26. ‘n Troebel fontein en ‘n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.

27. Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is ‘n eer.

28. ‘n Afgebreekte stad sonder muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie.

About Spreuke Chapter 25

Read Spreuke Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 25
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 25?

Spreuke Chapter 25 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 4

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 14
  2. Spreuke Chapter 1
  3. Spreuke Chapter 16
  4. Spreuke Chapter 24
  5. Spreuke Chapter 11
  6. Spreuke Chapter 22
  7. Spreuke Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 46
  2. Psalms Chapter 113
  3. Jeremia Chapter 3
  4. Nehemia Chapter 8
  5. Hosea Chapter 12
  6. Markus Chapter 11
  7. Esegiël Chapter 6
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *