Spreuke Chapter 14

For English

Read Spreuke Chapter 14 Online

Read Spreuke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 14

Hoofstuk 14

1. Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

2. Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

3. In die mond van die sot is ‘n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

4. Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

5. ‘n Betroubare getuie lieg nie, maar ‘n valse getuie strooi leuens uit.

6. Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

7. Gaan weg voor ‘n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

8. Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

9. Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

10. Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ‘n ander hom nie meng nie.

11. Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

12. Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

13. Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ‘n blydskap is bekommernis.

14. Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

15. Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

16. Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

17. Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ‘n slinkse man word gehaat.

18. Die eenvoudiges verkry sotheid as ‘n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

19. Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

20. Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

21. Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

22. Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

23. In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

24. Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

25. ‘n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.

26. In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees.

27. Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

28. In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

29. Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

30. ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.

31. Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

32. In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind ‘n toevlug by sy dood.

33. Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

34. Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies.

35. Die welbehae van die koning is vir ‘n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ‘n voorwerp van sy grimmigheid.

About Spreuke Chapter 14

Read Spreuke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 14
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 14 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 14?

Spreuke Chapter 14 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 14 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 6
  3. Jesaja Chapter 3
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 17
  2. Spreuke Chapter 11
  3. Spreuke Chapter 27
  4. Spreuke Chapter 21
  5. Spreuke Chapter 29
  6. Spreuke Chapter 16
  7. Spreuke Chapter 22

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 9
  2. Deuteronomium Chapter 8
  3. 1 Kronieke Chapter 7
  4. Numeri Chapter 4
  5. Amos Chapter 5
  6. Jesaja Chapter 38
  7. Eksodus Chapter 11
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *