Read Spreuke Chapter 31 Online
Read Spreuke Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Spreuke 31
Hoofstuk 31
1. Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:
2. Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
3. Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
4. Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
5. anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.
6. Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
7. Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.
8. Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.
9. Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
10. Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
11. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
12. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
13. Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
14. He. Sy is soos die skepe van ‘n handelaar—van ver af bring sy haar brood in.
15. Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.
16. Sajin. Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.
17. Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
18. Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.
19. Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.
20. Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
21. Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.
22. Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.
23. Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
24. Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.
25. Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
26. Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
27. Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.
28. Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
29. Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
30. Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
31. Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
About Spreuke Chapter 31
Read Spreuke Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Spreuke
Chapter: 31
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Spreuke Chapter 31 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Spreuke Chapter 31?
Spreuke Chapter 31 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 31 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 25
Explore More from spreuke
- Spreuke Chapter 13
- Spreuke Chapter 27
- Spreuke Chapter 15
- Spreuke Chapter 26
- Spreuke Chapter 24
- Spreuke Chapter 17
- Spreuke Chapter 5