Read Spreuke Chapter 13 Online
Read Spreuke Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Spreuke 13
Hoofstuk 13
1. ‘N Wyse seun luister na die tug van die vader, maar ‘n spotter hoor nie na berisping nie.
2. Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is ‘n daad van geweld.
3. Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
4. Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
5. Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
6. Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot ‘n val.
7. Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
8. Die losprys vir die lewe van ‘n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
9. Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
10. Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
11. Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
12. ‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.
13. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
14. Die onderrig van die wyse is ‘n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
15. ‘n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
16. Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
17. ‘n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ‘n betroubare boodskapper is ‘n gerusstelling.
18. Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
19. ‘n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ‘n gruwel vir die dwase.
20. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
21. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
22. ‘n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
23. Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
24. Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
25. Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
About Spreuke Chapter 13
Read Spreuke Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Spreuke
Chapter: 13
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Spreuke Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Spreuke Chapter 13?
Spreuke Chapter 13 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Numeri Chapter 1
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 4
Explore More from spreuke
- Spreuke Chapter 7
- Spreuke Chapter 26
- Spreuke Chapter 12
- Spreuke Chapter 24
- Spreuke Chapter 16
- Spreuke Chapter 30
- Spreuke Chapter 3