Read 2 Konings Chapter 20 Online
Read 2 Konings Chapter 20 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Konings and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Konings 20
Hoofstuk 20
1. In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
2. Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die HERE en gesê:
3. Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
4. En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê:
5. Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE.
6. En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.
7. Verder sê Jesaja: Bring ‘n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.
8. Hiskía het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?
9. En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?
10. Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit.
11. En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
12. In dié tyd het Beródag-Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, ‘n brief en ‘n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat Hiskía siek was.
13. En Hiskía het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
14. Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit ‘n ver land het hulle gekom, uit Babel.
15. En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
16. En Jesaja sê vir Hiskía: Hoor die woord van die HERE!
17. Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
18. En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
19. Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!
20. En die verdere geskiedenis van Hiskía en al sy magtige dade, en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die stad gebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
21. En Hiskía het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
About 2 Konings Chapter 20
Read 2 Konings Chapter 20 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Konings
Chapter: 20
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Konings Chapter 20 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Konings Chapter 20?
2 Konings Chapter 20 is part of the Book of 2 Konings in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Konings Chapter 20 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-konings
- 2 Konings Chapter 10
- 2 Konings Chapter 15
- 2 Konings Chapter 25
- 2 Konings Chapter 19
- 2 Konings Chapter 14
- 2 Konings Chapter 22
- 2 Konings Chapter 18
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 13
- Eksodus Chapter 30
- Josua Chapter 13
- Psalms Chapter 65
- Esra Chapter 4
- Levitikus Chapter 27
- Genesis Chapter 40