1 Korintiërs Chapter 9

For English

Read 1 Korintiërs Chapter 9 Online

Read 1 Korintiërs Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Korintiërs 9

Hoofstuk 9

1. Is ek nie ‘n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?

2. As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.

3. My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít:

4. Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?

5. Het ons dan geen reg om ‘n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?

6. Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7. Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8. Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?

9. Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?

10. Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.

11. As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai?

12. As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

13. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

14. So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

15. Maar ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.

16. Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

17. Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ‘n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18. Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19. Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.

20. Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.

21. Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win;

22. vir die swakkes het ek soos ‘n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

23. En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ‘n deelgenoot daarvan kan word.

24. Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.

25. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

26. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

27. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

About 1 Korintiërs Chapter 9

Read 1 Korintiërs Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Korintiërs
Chapter: 9
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Korintiërs Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Korintiërs Chapter 9?

1 Korintiërs Chapter 9 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Korintiers

  1. 1 Korintiërs Chapter 13
  2. 1 Korintiërs Chapter 8
  3. 1 Korintiërs Chapter 1
  4. 1 Korintiërs Chapter 14
  5. 1 Korintiërs Chapter 12
  6. 1 Korintiërs Chapter 3
  7. 1 Korintiërs Chapter 10

Explore More from Nuwe Testament

  1. Handelinge Chapter 21
  2. 1 Tessalonisense Chapter 3
  3. Filippense Chapter 4
  4. 1 Petrus Chapter 2
  5. Handelinge Chapter 11
  6. Johannes Chapter 17
  7. 2 Tessalonisense Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 36
  2. 1 Konings Chapter 1
  3. Josua Chapter 19
  4. Jeremia Chapter 50
  5. Lukas Chapter 13
  6. Hebreërs Chapter 3
  7. Psalms Chapter 134
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *