Jeremia Chapter 1

For English

Read Jeremia Chapter 1 Online

Read Jeremia Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 1

Hoofstuk 1

1. Die woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uit die priesters wat in Anatot, in die land Benjamin was,

2. tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,

3. en gekom het in die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedekía, die seun van Josía, die koning van Juda, totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.

4. Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê:

5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.

6. Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7. Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.

8. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE.

9. Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.

10. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.

11. Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ‘n amandeltak.

12. Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

13. En die woord van die HERE het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien ‘n kokende pot wat van die noorde af kyk.

14. Toe sê die HERE vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

15. Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.

16. En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

17. Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.

18. Want kyk, Ek maak jou vandag ‘n versterkte stad en ‘n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

19. En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.

About Jeremia Chapter 1

Read Jeremia Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 1?

Jeremia Chapter 1 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 5
  2. Jeremia Chapter 13
  3. Jeremia Chapter 4
  4. Jeremia Chapter 7
  5. Jeremia Chapter 39
  6. Jeremia Chapter 35
  7. Jeremia Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Sagaria Chapter 3
  2. Eksodus Chapter 31
  3. Psalms Chapter 8
  4. Eksodus Chapter 34
  5. Jesaja Chapter 21
  6. Psalms Chapter 81
  7. 2 Konings Chapter 7

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 13
  2. 2 Timoteus Chapter 1
  3. Psalms Chapter 55
  4. 1 Kronieke Chapter 20
  5. 2 Korintiërs Chapter 13
  6. Josua Chapter 6
  7. Jesaja Chapter 63
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *