Read Miga Chapter 5 Online
Read Miga Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Miga in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Miga and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Miga 5
Hoofstuk 5
1. Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het ‘n wal teen ons opgegooi; met ‘n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.
2. (5:1) En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
3. (5:2) Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
4. (5:3) En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
5. (5:4) En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
6. (5:5) En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.
7. (5:6) Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.
8. (5:7) En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ‘n leeu onder die diere van die woud, soos ‘n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.
9. (5:8) Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
10. (5:9) En in dié dag, spreek die HERE, sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.
11. (5:10) Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.
12. (5:11) Verder sal Ek uitroei die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.
13. (5:12) En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
14. (5:13) En Ek sal uit jou midde uitruk jou heilige boomstamme en jou stede verwoes.
15. (5:14) En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.
About Miga Chapter 5
Read Miga Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Miga in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Miga
Chapter: 5
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Miga. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Miga Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Miga Chapter 5?
Miga Chapter 5 is part of the Book of Miga in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Miga Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from miga
Explore More from Ou Testament
- Jeremia Chapter 52
- 1 Kronieke Chapter 4
- Jesaja Chapter 13
- Jesaja Chapter 30
- Numeri Chapter 36
- Jona Chapter 1
- Genesis Chapter 50