Esegiël Chapter 6

For English

Read Esegiël Chapter 6 Online

Read Esegiël Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esegiël and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Esegiël 6

Hoofstuk 6

1. En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen die berge van Israel, en profeteer teen hulle

3. en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE! So sê die Here HERE vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring ‘n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig;

4. en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;

5. en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.

6. In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ‘n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.

7. En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.

8. Maar Ek sal ‘n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir julle sommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.

9. Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

10. En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

11. So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.

12. Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

13. En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ‘n lieflike offergeur gebring het.

14. En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land ‘n wildernis maak en ‘n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.

About Esegiël Chapter 6

Read Esegiël Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Esegiël
Chapter: 6
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esegiël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Esegiël Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Esegiël Chapter 6?

Esegiël Chapter 6 is part of the Book of Esegiël in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Esegiël Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Esegiel

  1. Esegiël Chapter 2
  2. Esegiël Chapter 1
  3. Esegiël Chapter 28
  4. Esegiël Chapter 48
  5. Esegiël Chapter 45
  6. Esegiël Chapter 33
  7. Esegiël Chapter 27

Explore More from Ou Testament

  1. Daniël Chapter 12
  2. 2 Samuel Chapter 18
  3. Psalms Chapter 52
  4. Ester Chapter 10
  5. Psalms Chapter 95
  6. Psalms Chapter 23
  7. Spreuke Chapter 13

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 26
  2. Sagaria Chapter 1
  3. Josua Chapter 2
  4. Esegiël Chapter 31
  5. Spreuke Chapter 31
  6. Esegiël Chapter 13
  7. Esegiël Chapter 18
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *