Read Esegiël Chapter 4 Online
Read Esegiël Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esegiël and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Esegiël 4
Hoofstuk 4
1. En jy, mensekind, neem vir jou ‘n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop ‘n stad, naamlik Jerusalem;
2. maak dan ‘n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi ‘n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.
3. Verder, neem jy vir jou ‘n ysterpan en sit dit as ‘n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. ‘n Teken is dit vir die huis van Israel.
4. Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
5. En Ék lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
6. En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op.
7. En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.
8. En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.
9. En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.
10. En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.
11. Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van ‘n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.
12. En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.
13. Toe sê die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
14. En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
15. Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
16. Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
17. sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.
About Esegiël Chapter 4
Read Esegiël Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Esegiël
Chapter: 4
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esegiël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Esegiël Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Esegiël Chapter 4?
Esegiël Chapter 4 is part of the Book of Esegiël in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Esegiël Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Esegiel
- Esegiël Chapter 34
- Esegiël Chapter 14
- Esegiël Chapter 36
- Esegiël Chapter 33
- Esegiël Chapter 31
- Esegiël Chapter 27
- Esegiël Chapter 20
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 24
- 2 Samuel Chapter 10
- Jeremia Chapter 39
- Jeremia Chapter 34
- 2 Konings Chapter 15
- 2 Samuel Chapter 3
- Daniël Chapter 4