Read 1 Samuel Chapter 27 Online
Read 1 Samuel Chapter 27 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Samuel 27
Hoofstuk 27
1. En Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap.
2. Dawid maak toe klaar, en hy saam met die ses honderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die koning van Gat.
3. En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin; Dawid met sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
4. Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gat gevlug het, het hy verder nie meer na hom gesoek nie.
5. En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog ‘n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?
6. Daarop gee Agis dieselfde dag Siklag aan hom; daarom het Siklag aan die konings van Juda behoort tot vandag toe.
7. En die getal dae wat Dawid in die land van die Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande.
8. En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die land in die rigting van Sur en tot aan Egipteland.
9. En so dikwels as Dawid die land oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom,
10. vra Agis: Waar het julle vandag ‘n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suidland van die Jeragmeëliete en in die Suidland van die Keniete.
11. Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om dié na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê: So het Dawid gehandel. En dit was sy manier al die dae wat hy in die land van die Filistyne gewoon het.
12. En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by Israel, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees.
About 1 Samuel Chapter 27
Read 1 Samuel Chapter 27 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Samuel
Chapter: 27
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Samuel Chapter 27 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Samuel Chapter 27?
1 Samuel Chapter 27 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 27 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Samuel
- 1 Samuel Chapter 5
- 1 Samuel Chapter 7
- 1 Samuel Chapter 3
- 1 Samuel Chapter 8
- 1 Samuel Chapter 26
- 1 Samuel Chapter 20
- 1 Samuel Chapter 19
Explore More from Ou Testament
- Job Chapter 3
- Amos Chapter 9
- Psalms Chapter 51
- Numeri Chapter 12
- 1 Kronieke Chapter 22
- Spreuke Chapter 15
- Psalms Chapter 103