Genesis Chapter 23

For English

Read Genesis Chapter 23 Online

Read Genesis Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Genesis 23

Hoofstuk 23

1. En die lewensdae van Sara was honderd sewe en twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.

2. En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.

3. Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:

4. Ek is ‘n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my ‘n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.

5. Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:

6. Luister na ons, my heer! U is ‘n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.

7. Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;

8. en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ‘n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,

9. dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek ‘n graf onder julle mag besit.

10. En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:

11. Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.

12. Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig

13. en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.

14. En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:

15. My heer, luister na my. ‘n Stuk land van vier honderd sikkels silwer—wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

16. Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het—vier honderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

17. So het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,

18. die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.

19. Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kanaän.

20. So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.

About Genesis Chapter 23

Read Genesis Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Genesis
Chapter: 23
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Genesis Chapter 23 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Genesis Chapter 23?

Genesis Chapter 23 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Genesis Chapter 23 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Genesis

  1. Gênesis Chapter 12
  2. Gênesis Chapter 5
  3. Gênesis Chapter 40
  4. Gênesis Chapter 13
  5. Gênesis Chapter 15
  6. Genesis Chapter 1
  7. Gênesis Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. 1 Samuel Chapter 18
  2. Psalms Chapter 88
  3. Haggai Chapter 1
  4. Joël Chapter 1
  5. Rigters Chapter 11
  6. Jeremia Chapter 5
  7. Job Chapter 8

Related Chapters & Readings

  1. Romeine Chapter 12
  2. Rigters Chapter 15
  3. Romeine Chapter 7
  4. Jona Chapter 2
  5. Esegiël Chapter 28
  6. 2 Kronieke Chapter 7
  7. Josua Chapter 24
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *