Read Esegiël Chapter 26 Online
Read Esegiël Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esegiël and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Esegiël 26
Hoofstuk 26
1. En in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2. Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ék sal vol word, dit is verwoes—
3. daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.
4. Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom ‘n kaal rots maak.
5. Hy sal binne-in die see ‘n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal ‘n buit vir die nasies wees.
6. En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
7. Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en ‘n menigte en baie mense.
8. Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en ‘n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig.
9. En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.
10. Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos ‘n mens indring in ‘n stad wat oopgebreek is.
11. Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val.
12. En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.
13. En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.
14. Ja, Ek sal jou ‘n kaal rots maak, ‘n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE.
15. So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle ‘n moord in jou aanrig nie?
16. Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.
17. En hulle sal ‘n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.
18. Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.
19. Want so sê die Here HERE: As Ek jou ‘n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;
20. dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
21. Maar jou sal Ek tot ‘n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.
About Esegiël Chapter 26
Read Esegiël Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Esegiël
Chapter: 26
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esegiël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Esegiël Chapter 26 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Esegiël Chapter 26?
Esegiël Chapter 26 is part of the Book of Esegiël in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Esegiël Chapter 26 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Esegiel
- Esegiël Chapter 34
- Esegiël Chapter 14
- Esegiël Chapter 45
- Esegiël Chapter 43
- Esegiël Chapter 41
- Esegiël Chapter 40
- Esegiël Chapter 36
Explore More from Ou Testament
- Rigters Chapter 21
- Esegiël Chapter 23
- Eksodus Chapter 29
- Rut Chapter 1
- Psalms Chapter 7
- Esegiël Chapter 4
- Genesis Chapter 26