Eksodus Chapter 40

For English

Read Eksodus Chapter 40 Online

Read Eksodus Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Eksodus 40

Hoofstuk 40

1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2. Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.

3. En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek.

4. Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.

5. En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.

6. Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.

7. En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.

8. En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.

9. Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.

10. Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.

11. Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.

12. Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.

13. Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

14. Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.

15. Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle ‘n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.

16. En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.

17. En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.

18. En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.

19. En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.

20. Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.

21. Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.

22. Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.

23. En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

24. Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.

25. En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

26. En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,

27. en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.

28. Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.

29. En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.

30. Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.

31. En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.

32. As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.

33. Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.

34. Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,

35. sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.

36. En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;

37. maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.

38. Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

About Eksodus Chapter 40

Read Eksodus Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Eksodus
Chapter: 40
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Eksodus Chapter 40 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Eksodus Chapter 40?

Eksodus Chapter 40 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 40 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Eksodus

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Eksodus Chapter 13
  3. Eksodus Chapter 10
  4. Eksodus Chapter 1
  5. Eksodus Chapter 27
  6. Eksodus Chapter 14
  7. Eksodus Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Samuel Chapter 10
  2. Jeremia Chapter 15
  3. Levitikus Chapter 20
  4. Job Chapter 42
  5. Spreuke Chapter 2
  6. Joël Chapter 3
  7. Genesis Chapter 9

Related Chapters & Readings

  1. 1 Korintiërs Chapter 5
  2. 1 Konings Chapter 5
  3. Ester Chapter 5
  4. Handelinge Chapter 13
  5. Esegiël Chapter 40
  6. Genesis Chapter 17
  7. 2 Konings Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *