Esegiël Chapter 29

For English

Read Esegiël Chapter 29 Online

Read Esegiël Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esegiël and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Esegiël 29

Hoofstuk 29

1. In die tiende jaar, in die tiende maand, op die twaalfde van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte.

3. Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.

4. Maar Ek sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.

5. En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val; jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.

6. En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die HERE is, omdat hulle vir die huis van Israel ‘n rietstok is—

7. as Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.

8. Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.

9. En Egipteland sal ‘n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak—

10. daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; en Ek sal Egipteland ‘n volkome puinhoop maak, ‘n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.

11. Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees.

12. En Ek sal Egipteland ‘n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal ‘n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank; en Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

13. Want so sê die Here HERE: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.

14. En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die land Patros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle ‘n koninkryk van geringe betekenis wees.

15. En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.

16. En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.

17. En in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

18. Mensekind, Nebukadrésar, die koning van Babel, het sy leër ‘n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.

19. Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek gee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.

20. As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die Here HERE.

21. In dié dag sal Ek vir die huis van Israel ‘n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

About Esegiël Chapter 29

Read Esegiël Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Esegiël
Chapter: 29
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esegiël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Esegiël Chapter 29 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Esegiël Chapter 29?

Esegiël Chapter 29 is part of the Book of Esegiël in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Esegiël Chapter 29 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Esegiel

  1. Esegiël Chapter 1
  2. Esegiël Chapter 2
  3. Esegiël Chapter 48
  4. Esegiël Chapter 28
  5. Esegiël Chapter 27
  6. Esegiël Chapter 33
  7. Esegiël Chapter 11

Explore More from Ou Testament

  1. Sagaria Chapter 8
  2. 1 Kronieke Chapter 8
  3. Hooglied Chapter 2
  4. Psalms Chapter 13
  5. Nahum Chapter 1
  6. Job Chapter 40
  7. Psalms Chapter 121

Related Chapters & Readings

  1. Jeremia Chapter 42
  2. Genesis Chapter 5
  3. 1 Samuel Chapter 24
  4. Esegiël Chapter 12
  5. Psalms Chapter 120
  6. Psalms Chapter 88
  7. Eksodus Chapter 23
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *