Read 2 Kronieke Chapter 9 Online
Read 2 Kronieke Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Kronieke 9
Hoofstuk 9
1. En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met ‘n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.
2. En Salomo het haar al haar woorde verklaar; en geen woord was vir Salomo te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.
3. Toe die koningin van Skeba dan die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,
4. en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke en hulle klere, en sy trap waarmee hy opklim na die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.
5. Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid.
6. En ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte van u buitengewone wysheid is my nie meegedeel nie; u oortref die gerug wat ek gehoor het.
7. Gelukkig is u manne, en gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan en u wysheid hoor!
8. Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.
9. Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en ‘n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.
10. Maar ook die dienaars van Huram en die dienaars van Salomo wat goud uit Ofir gebring het, het sandelhout en edelgesteentes aangevoer.
11. En die koning het van die sandelhout trappe vir die huis van die HERE en vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die land Juda nie gesien nie.
12. En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo wat sy na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
13. En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud;
14. behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring het.
15. En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels geslae goud het hy op elke groot skild gebruik;
16. en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie honderd sikkels goud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.
17. Verder het die koning ‘n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.
18. En die troon het ses trappe gehad met ‘n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.
19. Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.
20. En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer is in die dae van Salomo as niks gereken nie.
21. Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.
22. So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde in rykdom en wysheid.
23. En al die konings van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,
24. terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.
25. Verder het Salomo vier duisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalf duisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
26. En hy was heerser oor al die konings van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte.
27. Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.
28. En hulle het vir Salomo perde uit Egipte en uit al die lande uitgevoer.
29. En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?
30. En Salomo het in Jerusalem oor die hele Israel veertig jaar geregeer.
31. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.
About 2 Kronieke Chapter 9
Read 2 Kronieke Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Kronieke
Chapter: 9
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
- 📱 Hindi Android Bible App
- 📱 Hindi Christian Songs from waytochurch
- 📖 Read on Malayalam Christian Songs – madely
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Kronieke Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Kronieke Chapter 9?
2 Kronieke Chapter 9 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2 Kronieke
- 2 Kronieke Chapter 23
- 2 Kronieke Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 33
- 2 Kronieke Chapter 32
- 2 Kronieke Chapter 7
- 2 Kronieke Chapter 1
- 2 Kronieke Chapter 26
Explore More from Ou Testament
- 2 Konings Chapter 23
- Psalms Chapter 25
- Prediker Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 26
- Amos Chapter 6
- 2 Kronieke Chapter 12
- Numeri Chapter 26