2 Samuel Chapter 21

For English

Read 2 Samuel Chapter 21 Online

Read 2 Samuel Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Samuel 21

Hoofstuk 21

1. En toe daar in die dae van Dawid ‘n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.

2. Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle—die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by ‘n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda—

3. Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?

4. Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?

5. En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan—

6. laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.

7. Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.

8. Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het;

9. en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.

10. En Rispa, die dogter van Aja, het ‘n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

11. Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,

12. het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan van die burgers van Jabes in Gílead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilbóa verslaan het.

13. En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,

14. en die bene van Saul en van sy seun Jónatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.

15. En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.

16. En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refaïete was—die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met ‘n nuwe swaard—het gedink om Dawid te verslaan.

17. Maar Abísai, die seun van Serúja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.

18. En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het Síbbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refaïete, verslaan.

19. En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Élhanan, die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ‘n wewersbalk was, verslaan.

20. En daar was weer oorlog in Gat; en daar was ‘n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook ‘n afstammeling van die Refaïete.

21. En hy het Israel gehoon, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

22. Hierdie vier was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

About 2 Samuel Chapter 21

Read 2 Samuel Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Samuel
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Samuel Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Samuel Chapter 21?

2 Samuel Chapter 21 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Samuel

  1. 2 Samuel Chapter 13
  2. 2 Samuel Chapter 2
  3. 2 Samuel Chapter 16
  4. 2 Samuel Chapter 6
  5. 2 Samuel Chapter 1
  6. 2 Samuel Chapter 24
  7. 2 Samuel Chapter 20

Explore More from Ou Testament

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Psalms Chapter 41
  3. 2 Samuel Chapter 19
  4. Spreuke Chapter 14
  5. Psalms Chapter 39
  6. Jesaja Chapter 3
  7. Amos Chapter 9

Related Chapters & Readings

  1. Spreuke Chapter 29
  2. Rigters Chapter 4
  3. Levitikus Chapter 16
  4. Levitikus Chapter 24
  5. Numeri Chapter 20
  6. 2 Konings Chapter 8
  7. Deuteronomium Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *