Read 2 Kronieke Chapter 14 Online
Read 2 Kronieke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Kronieke 14
Hoofstuk 14
1. En Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.
2. En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die HERE sy God:
3. hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap
4. en aan Juda gesê om die HERE, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.
5. Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.
6. Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het.
7. Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met ‘n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek—ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
8. En Asa het ‘n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.
9. En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met ‘n leër van ‘n miljoen met drie honderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.
10. Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa.
11. En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.
12. En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.
13. En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het ‘n baie groot buit geneem;
14. en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die HERE was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was ‘n groot buit in.
15. Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.
About 2 Kronieke Chapter 14
Read 2 Kronieke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Kronieke
Chapter: 14
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Kronieke Chapter 14 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Kronieke Chapter 14?
2 Kronieke Chapter 14 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 14 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2 Kronieke
- 2 Kronieke Chapter 23
- 2 Kronieke Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 33
- 2 Kronieke Chapter 32
- 2 Kronieke Chapter 7
- 2 Kronieke Chapter 1
- 2 Kronieke Chapter 26
Explore More from Ou Testament
- Esegiël Chapter 42
- 1 Samuel Chapter 29
- Esegiël Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 11
- Esegiël Chapter 27
- 2 Konings Chapter 11
- Jeremia Chapter 48