Read Nehemia Chapter 10 Online
Read Nehemia Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Nehemia and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Nehemia 10
Hoofstuk 10
1. En op die verseëlde stukke het geteken: Nehemía, die goewerneur, die seun van Hagálja, en Sedekía,
2. Serája, Asárja, Jeremía,
3. Pasgur, Amárja, Malkía,
4. Hattus, Sebánja, Mallug,
5. Harim, Méremot, Obádja,
6. Daniël, Gínneton, Barug,
7. Mesúllam, Abía, Míjamin,
8. Maäsja, Bílgai, Semája; dit was die priesters.
9. En die Leviete: Jésua, die seun van Asánja, Bínnuï van die seuns van Henádad, Kádmiël,
10. en hulle broers: Sebánja, Hodía, Kelíta, Pelája, Hanan,
11. Miga, Rehob, Hasábja,
12. Sakkur, Serébja, Sebánja,
13. Hodía, Baní, Beninu.
14. Die hoofde van die volk: Parhos, Pahat-Moab, Elam, Sattu, Bani,
15. Bunni, Asgad, Bébai,
16. Adónia, Bigwai, Adin,
17. Ater, Hiskía, Assur,
18. Hodía, Hasum, Bésai,
19. Harif, Anatot, Nobai,
20. Magpías, Mesúllam, Hesir,
21. Mesesábeël, Sadok, Jáddua,
22. Pelátja, Hanan, Anája,
23. Hoséa, Hanánja, Hassub,
24. Hallóhes, Pilha, Sobek,
25. Rehum, Hasábna, Maäséja,
26. en Ahía, Hanan, Anan,
27. Mallug, Harim, Baäna.
28. En die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes en almal wat hulle afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan,
29. het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;
30. verder dat ons ons dogters nie sou gee aan die volke van die land, en hulle dogters nie sou neem vir ons seuns nie;
31. en as die volke van die land koopware en allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op ‘n heilige dag nie; en dat ons in die sewende jaar die land braak sou laat lê en van elke skuldvordering afsien.
32. En ons het vir ons die verpligting aangegaan om ons ‘n derde van ‘n sikkel in die jaar op te lê vir die diens van die huis van onse God—
33. vir die toonbrode en die voortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer, die offers van die sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir wygawes en vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in die huis van onse God.
34. En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet;
35. en om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring;
36. en om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, soos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;
37. en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die tiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.
38. En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees as die Leviete die tiendes invorder, en die Leviete moet ‘n tiende van die tiendes na die huis van onse God bring, in die kamers van die skathuis.
39. Want in die kamers moet die kinders van Israel en die kinders van Levi die offergawe van koring, mos en olie bring, omdat die gereedskappe van die heiligdom en die diensdoende priesters en die poortwagters en die sangers daar is; want ons wou die huis van onse God nie laat verwaarloos nie.
About Nehemia Chapter 10
Read Nehemia Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Nehemia
Chapter: 10
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Nehemia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Nehemia Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Nehemia Chapter 10?
Nehemia Chapter 10 is part of the Book of Nehemia in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Nehemia Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from nehemia
- Nehemia Chapter 9
- Nehemia Chapter 11
- Nehemia Chapter 2
- Nehemia Chapter 10
- Nehemia Chapter 1
- Nehemia Chapter 3
- Nehemia Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- Deuteronomium Chapter 13
- 2 Konings Chapter 25
- Esegiël Chapter 40
- Levitikus Chapter 17
- Psalms Chapter 41
- Numeri Chapter 6
- 2 Samuel Chapter 2