2 Kronieke Chapter 28

For English

Read 2 Kronieke Chapter 28 Online

Read 2 Kronieke Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Kronieke 28

Hoofstuk 28

1. Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie.

2. Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Baäls gemaak.

3. Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5. Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en ‘n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ‘n groot slag.

6. Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd en twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het.

7. En Sigri, ‘n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

8. En die kinders van Israel het van hulle broers twee honderd duisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ‘n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

9. En daar was ‘n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die HERE, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met ‘n woede wat tot aan die hemel raak.

10. En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor die HERE julle God nie?

11. Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die HERE is op julle!

12. Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,

13. en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die HERE; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.

14. Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.

15. En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

16. In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

17. Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

18. Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Sémes en Ajalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

19. want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.

20. En Tilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;

21. want Agas het die huis van die HERE en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.

22. Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die HERE begaan, dieselfde koning Agas:

23. hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle offer, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot ‘n val gebring.

24. En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.

25. Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg.

26. En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel.

27. En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehiskía het in sy plek koning geword.

About 2 Kronieke Chapter 28

Read 2 Kronieke Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Kronieke
Chapter: 28
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Kronieke Chapter 28 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Kronieke Chapter 28?

2 Kronieke Chapter 28 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 28 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Kronieke

  1. 2 Kronieke Chapter 23
  2. 2 Kronieke Chapter 36
  3. 2 Kronieke Chapter 33
  4. 2 Kronieke Chapter 32
  5. 2 Kronieke Chapter 7
  6. 2 Kronieke Chapter 1
  7. 2 Kronieke Chapter 26

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 40
  2. Amos Chapter 2
  3. Habakuk Chapter 2
  4. Levitikus Chapter 2
  5. Ester Chapter 2
  6. 2 Kronieke Chapter 11
  7. Job Chapter 22

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 13
  2. Genesis Chapter 8
  3. Rigters Chapter 4
  4. Numeri Chapter 22
  5. 1 Johannes Chapter 2
  6. Jesaja Chapter 3
  7. Deuteronomium Chapter 25
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *