Hebreërs Chapter 7

For English

Read Hebreërs Chapter 7 Online

Read Hebreërs Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hebreërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Hebreërs 7

Hoofstuk 7

1. Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;

2. aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

3. sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.

4. Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.

5. Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;

6. maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.

7. Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.

8. En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.

9. En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;

10. want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

11. As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?

12. Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

13. omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.

14. Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

15. En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,

16. een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.

17. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18. Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,

19. omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader.

20. En vir sover dit nie sonder eedswering was nie—want húlle het sonder eedswering priesters geword,

21. maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—

22. in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.

23. En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;

24. maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.

25. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

26. Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;

27. wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.

28. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.

About Hebreërs Chapter 7

Read Hebreërs Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Hebreërs
Chapter: 7
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hebreërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Hebreërs Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Hebreërs Chapter 7?

Hebreërs Chapter 7 is part of the Book of Hebreërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Hebreërs Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from hebreers

  1. Hebreërs Chapter 2
  2. Hebreërs Chapter 10
  3. Hebreërs Chapter 9
  4. Hebreërs Chapter 6
  5. Hebreërs Chapter 1
  6. Hebreërs Chapter 8
  7. Hebreërs Chapter 5

Explore More from Nuwe Testament

  1. Filippense Chapter 1
  2. Lukas Chapter 23
  3. Johannes Chapter 20
  4. Markus Chapter 3
  5. Filippense Chapter 4
  6. 1 Petrus Chapter 4
  7. 2 Korintiërs Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 16
  2. Esegiël Chapter 3
  3. Jona Chapter 1
  4. Deuteronomium Chapter 1
  5. Rut Chapter 3
  6. 2 Samuel Chapter 15
  7. Nehemia Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *