2 Kronieke Chapter 36

For English

Read 2 Kronieke Chapter 36 Online

Read 2 Kronieke Chapter 36 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Kronieke 36

Hoofstuk 36

1. En die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.

2. Drie en twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.

3. En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land ‘n boete opgelê van honderd talente silwer en ‘n talent goud.

4. Daarop het die koning van Egipte sy broer Éljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jójakim; maar Nego het sy broer Jóahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.

5. Vyf en twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God.

6. Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.

7. Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.

8. Die verdere geskiedenis van Jójakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

9. Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.

10. By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.

11. Een en twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.

12. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jeremía, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE.

13. En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.

14. Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.

15. En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.

16. Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

17. So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.

18. En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.

19. En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.

20. En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,

21. sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

22. En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE—sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía in vervulling sou gaan—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

23. So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!

About 2 Kronieke Chapter 36

Read 2 Kronieke Chapter 36 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Kronieke
Chapter: 36
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Kronieke Chapter 36 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Kronieke Chapter 36?

2 Kronieke Chapter 36 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 36 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Kronieke

  1. 2 Kronieke Chapter 32
  2. 2 Kronieke Chapter 33
  3. 2 Kronieke Chapter 23
  4. 2 Kronieke Chapter 1
  5. 2 Kronieke Chapter 19
  6. 2 Kronieke Chapter 12
  7. 2 Kronieke Chapter 7

Explore More from Ou Testament

  1. Genesis Chapter 41
  2. Jeremia Chapter 34
  3. Jesaja Chapter 32
  4. Deuteronomium Chapter 5
  5. Psalms Chapter 104
  6. Spreuke Chapter 16
  7. Jesaja Chapter 50

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 20
  2. Levitikus Chapter 20
  3. Jeremia Chapter 21
  4. Deuteronomium Chapter 14
  5. Genesis Chapter 32
  6. Openbaring Chapter 4
  7. Nehemia Chapter 6
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *