Read 2 Kronieke Chapter 32 Online
Read 2 Kronieke Chapter 32 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Kronieke 32
Hoofstuk 32
1. Ná hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.
2. En toe Jehiskía sien dat Sánherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg,
3. het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:
4. baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?
5. En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.
6. En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê:
7. Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.
8. By hom is ‘n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.
9. Hierna het Sánherib, die koning van Assirië—hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis—sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehiskía, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:
10. So sê Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?
11. Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
12. Het dieselfde Jehiskía nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dit gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?
13. Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?
14. Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red—dat julle God julle uit my hand sou kan red?
15. Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ‘n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?
16. Sy dienaars het nog meer teen die HERE God gespreek en teen sy kneg Jehiskía.
17. Hy het ook ‘n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.
18. En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem.
19. En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde—’n maaksel van mensehande.
20. Maar toe koning Jehiskía en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,
21. stuur die HERE ‘n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met ‘n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
22. En die HERE het Jehiskía en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
23. En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehiskía, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.
24. In dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom ‘n wonderteken gegee.
25. Maar Jehiskía het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar ‘n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.
26. Maar Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehiskía nie.
27. En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;
28. ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.
29. Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.
30. Dieselfde Jehiskía het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehiskía was voorspoedig in al sy werk.
31. So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel—wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het—het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
32. En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.
33. En Jehiskía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
About 2 Kronieke Chapter 32
Read 2 Kronieke Chapter 32 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Kronieke
Chapter: 32
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Kronieke Chapter 32 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Kronieke Chapter 32?
2 Kronieke Chapter 32 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 32 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2 Kronieke
- 2 Kronieke Chapter 23
- 2 Kronieke Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 33
- 2 Kronieke Chapter 7
- 2 Kronieke Chapter 1
- 2 Kronieke Chapter 26
- 2 Kronieke Chapter 24
Explore More from Ou Testament
- Genesis Chapter 43
- Amos Chapter 9
- Jesaja Chapter 33
- Numeri Chapter 13
- Job Chapter 36
- Psalms Chapter 132
- Levitikus Chapter 16