Read Markus Chapter 16 Online
Read Markus Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Markus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Markus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Markus 16
Hoofstuk 16
1. En toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf.
2. En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.
3. En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?
4. En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.
5. En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle ‘n jongman, met ‘n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.
6. En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
7. Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.
8. Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.
9. En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
10. Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.
11. En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.
12. En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.
13. Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.
14. Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
15. En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
16. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
17. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
18. slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
19. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
20. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
About Markus Chapter 16
Read Markus Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Markus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Markus
Chapter: 16
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Markus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Markus Chapter 16 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Markus Chapter 16?
Markus Chapter 16 is part of the Book of Markus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Markus Chapter 16 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Markus
- Markus Chapter 5
- Markus Chapter 1
- Markus Chapter 16
- Markus Chapter 7
- Markus Chapter 2
- Markus Chapter 12
- Markus Chapter 8
Explore More from Nuwe Testament
- Hebreërs Chapter 1
- 2 Korintiërs Chapter 2
- Markus Chapter 1
- 1 Petrus Chapter 4
- Hebreërs Chapter 6
- Filippense Chapter 3
- Johannes Chapter 2