Rigters Chapter 10

For English

Read Rigters Chapter 10 Online

Read Rigters Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Rigters and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Rigters 10

Hoofstuk 10

1. En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ‘n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.

2. En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.

3. En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.

4. En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.

5. En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.

6. En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.

7. Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.

8. En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.

9. Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.

10. Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.

11. Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne—

12. en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het—julle uit hulle hand verlos nie?

13. Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.

14. Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.

15. Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.

16. En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.

17. En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.

18. Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

About Rigters Chapter 10

Read Rigters Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Rigters
Chapter: 10
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Rigters. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Rigters Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Rigters Chapter 10?

Rigters Chapter 10 is part of the Book of Rigters in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Rigters Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from rigters

  1. Rigters Chapter 9
  2. Rigters Chapter 15
  3. Rigters Chapter 7
  4. Rigters Chapter 4
  5. Rigters Chapter 20
  6. Rigters Chapter 17
  7. Rigters Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. Johannes Chapter 21
  2. Matteus Chapter 9
  3. Job Chapter 30
  4. Eksodus Chapter 10
  5. Deuteronomium Chapter 6
  6. Matteus Chapter 24
  7. 1 Samuel Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *