2 Samuel Chapter 17

For English

Read 2 Samuel Chapter 17 Online

Read 2 Samuel Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Samuel 17

Hoofstuk 17

1. Verder het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalf duisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,

2. dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.

3. En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.

4. En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.

5. Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Húsai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.

6. Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.

7. En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.

8. Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos ‘n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ‘n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.

9. Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het ‘n neerlaag gely!

10. Dan sal selfs hy wat ‘n dapper man is, wat ‘n hart het soos ‘n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele Israel weet dat u vader ‘n held is, en dat dapper manne by hom is.

11. Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Berséba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.

12. En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie.

13. En as hy hom in ‘n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.

14. Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.

15. En Húsai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.

16. Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.

17. Intussen het Jónatan en Ahímaäs by die fontein Rogel gestaan, terwyl ‘n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.

18. Maar ‘n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van ‘n man in Bahúrim wat ‘n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.

19. En die vrou het ‘n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat ‘n mens niks kon merk nie.

20. Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.

21. Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee.

22. Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.

23. En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.

24. En Dawid het al in Mahanáim aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.

25. En Absalom het Amása in Joab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van ‘n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, Joab se moeder.

26. En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land Gílead.

27. Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ammiël, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gileadiet, uit Rógelim,

28. beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,

29. en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.

About 2 Samuel Chapter 17

Read 2 Samuel Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Samuel
Chapter: 17
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Samuel Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Samuel Chapter 17?

2 Samuel Chapter 17 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Samuel

  1. 2 Samuel Chapter 13
  2. 2 Samuel Chapter 16
  3. 2 Samuel Chapter 24
  4. 2 Samuel Chapter 6
  5. 2 Samuel Chapter 2
  6. 2 Samuel Chapter 1
  7. 2 Samuel Chapter 19

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Konings Chapter 13
  2. Job Chapter 39
  3. Jeremia Chapter 39
  4. Genesis Chapter 25
  5. Jesaja Chapter 54
  6. Psalms Chapter 144
  7. Prediker Chapter 6

Related Chapters & Readings

  1. Job Chapter 2
  2. Deuteronomium Chapter 24
  3. Jeremia Chapter 9
  4. Esra Chapter 1
  5. 1 Korintiërs Chapter 1
  6. Psalms Chapter 110
  7. Levitikus Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *