Read 1 Korintiërs Chapter 12 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 12
Hoofstuk 12
1. En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
2. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
3. Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
4. Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
5. en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
6. en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
7. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
8. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
9. aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
10. aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
11. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
12. Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
13. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
14. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
15. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
16. En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
17. As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
18. Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
19. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
20. Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
21. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
22. Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;
23. en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
24. terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,
25. sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
26. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
27. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
28. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
29. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
30. Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
31. Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.
About 1 Korintiërs Chapter 12
Read 1 Korintiërs Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 12
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 12?
1 Korintiërs Chapter 12 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 4
- 1 Korintiërs Chapter 2
Explore More from Nuwe Testament
- Romeine Chapter 6
- Matteus Chapter 28
- 2 Korintiërs Chapter 13
- Matteus Chapter 9
- Johannes Chapter 8
- Filippense Chapter 1
- Romeine Chapter 7