Read Eksodus Chapter 17 Online
Read Eksodus Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Eksodus 17
Hoofstuk 17
1. Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2. Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
3. Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
4. Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
5. En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
6. Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
7. en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
8. Daarop het Amalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.
9. En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
10. En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.
11. En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.
12. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
13. En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard ‘n neerlaag toegebring.
14. Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ‘n aandenking in ‘n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
15. En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
16. En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.
About Eksodus Chapter 17
Read Eksodus Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Eksodus
Chapter: 17
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Eksodus Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Eksodus Chapter 17?
Eksodus Chapter 17 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Eksodus
- Eksodus Chapter 4
- Eksodus Chapter 13
- Eksodus Chapter 10
- Eksodus Chapter 1
- Eksodus Chapter 27
- Eksodus Chapter 14
- Eksodus Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- Deuteronomium Chapter 26
- Psalms Chapter 6
- Deuteronomium Chapter 6
- Prediker Chapter 7
- Jeremia Chapter 37
- 2 Konings Chapter 14
- Jesaja Chapter 7