Eksodus Chapter 25

For English

Read Eksodus Chapter 25 Online

Read Eksodus Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Eksodus 25

Hoofstuk 25

1. Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2. Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.

3. En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;

4. en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

5. en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

6. olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

7. oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.

8. Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.

9. Volgens alles wat Ek jou laat sien—die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so moet julle dit maak.

10. Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.

11. En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans maak rondom.

12. En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.

13. En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.

14. En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.

15. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.

16. Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.

17. Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.

18. Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.

19. En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.

20. En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.

21. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.

22. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.

23. Maak ook ‘n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ‘n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.

24. En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ‘n goue krans rondom.

25. Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom.

26. En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.

27. Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

28. En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.

29. Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.

30. En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.

31. Maak ook ‘n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.

32. En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

33. Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

34. Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:

35. daar moet ‘n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

36. Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees—alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

37. Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.

38. Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.

39. Van ‘n talent suiwer goud moet hulle dit maak—al hierdie voorwerpe.

40. En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.

About Eksodus Chapter 25

Read Eksodus Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Eksodus
Chapter: 25
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Eksodus Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Eksodus Chapter 25?

Eksodus Chapter 25 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Eksodus

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Eksodus Chapter 12
  3. Eksodus Chapter 11
  4. Eksodus Chapter 37
  5. Eksodus Chapter 31
  6. Eksodus Chapter 28
  7. Eksodus Chapter 20

Explore More from Ou Testament

  1. Prediker Chapter 3
  2. 1 Kronieke Chapter 29
  3. Josua Chapter 24
  4. Esegiël Chapter 11
  5. Amos Chapter 5
  6. 1 Samuel Chapter 22
  7. Deuteronomium Chapter 27

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 14
  2. Eksodus Chapter 6
  3. Spreuke Chapter 24
  4. Jakobus Chapter 4
  5. 2 Samuel Chapter 18
  6. Filemon Chapter 1
  7. 1 Tessalonisense Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *