2 Samuel Chapter 1

For English

Read 2 Samuel Chapter 1 Online

Read 2 Samuel Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Samuel 1

Hoofstuk 1

1. En ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

2. kom daar op die derde dag ‘n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

3. En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.

4. Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.

5. En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?

6. Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

7. en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.

8. Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is ‘n Amalekiet.

9. Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat ‘n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

10. En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.

11. Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.

12. En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.

13. Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van ‘n vreemde man, ‘n Amalekiet.

14. En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?

15. Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.

16. En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.

17. Toe het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jónatan,

18. en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.

19. Die sieraad, o Israel—op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!

20. Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!

21. Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.

22. Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jónatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.

23. Saul en Jónatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.

24. Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.

25. Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jónatan lê verslaan op jou hoogtes.

26. Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jónatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.

27. Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!

About 2 Samuel Chapter 1

Read 2 Samuel Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Samuel
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Samuel Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Samuel Chapter 1?

2 Samuel Chapter 1 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Samuel

  1. 2 Samuel Chapter 13
  2. 2 Samuel Chapter 16
  3. 2 Samuel Chapter 6
  4. 2 Samuel Chapter 24
  5. 2 Samuel Chapter 18
  6. 2 Samuel Chapter 2
  7. 2 Samuel Chapter 1

Explore More from Ou Testament

  1. Deuteronomium Chapter 31
  2. 2 Kronieke Chapter 31
  3. 2 Kronieke Chapter 20
  4. Levitikus Chapter 4
  5. Psalms Chapter 46
  6. Jesaja Chapter 59
  7. Amos Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 8
  2. 1 Samuel Chapter 26
  3. Esegiël Chapter 11
  4. 2 Korintiërs Chapter 12
  5. Daniël Chapter 10
  6. Sefanja Chapter 3
  7. 1 Petrus Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *