Read Eksodus Chapter 19 Online
Read Eksodus Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Eksodus 19
Hoofstuk 19
1. In die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom—
2. hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan.
3. Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
4. Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
5. As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
6. En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
7. En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
8. Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
9. En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.
10. Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
11. en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
12. Ook moet jy vir die volk ‘n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
13. Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ‘n pyl geskiet word; of dit ‘n dier of ‘n mens is—hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.
14. Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.
15. En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.
16. En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
17. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
18. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19. Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.
20. Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
21. En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.
22. En ook die priesters wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
23. Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
24. Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
25. En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.
About Eksodus Chapter 19
Read Eksodus Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Eksodus
Chapter: 19
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Eksodus Chapter 19 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Eksodus Chapter 19?
Eksodus Chapter 19 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 19 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Eksodus
- Eksodus Chapter 4
- Eksodus Chapter 12
- Eksodus Chapter 11
- Eksodus Chapter 37
- Eksodus Chapter 31
- Eksodus Chapter 28
- Eksodus Chapter 20
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 29
- 1 Samuel Chapter 22
- Psalms Chapter 100
- Esegiël Chapter 7
- 1 Samuel Chapter 16
- Esegiël Chapter 37
- Jesaja Chapter 46