For English

Read Esra Chapter 5 Online

Read Esra Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esra in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esra and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Esra 5

Hoofstuk 5

1. Maar Hággai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.

2. Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van Jósadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.

3. In dié tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en só aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

4. Só het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.

5. Maar die oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Daríus sou kom, en dan daaroor ‘n brief teruggebring sou word.

6. ‘n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsegaïete wat wes van die Eufraat was, aan koning Daríus gestuur het.

7. Hulle het aan hom ‘n berig gestuur, en só was daarin geskrywe: Aan koning Daríus—alle heil!

8. Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.

9. Toe het ons daardie oudstes gevra; só het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

10. Verder het ons vir hulle ook hul name gevra om u bekend te maak, dat ons die name van die manne wat aan hul hoof staan, kan skrywe.

11. En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ‘n groot koning van Israel gebou en voltooi het.

12. Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.

13. Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.

14. En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam van Sésbassar, wat hy as goewerneur aangestel het;

15. en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.

16. Toe het hierdie Sésbassar gekom, hy het die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie.

17. As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.

About Esra Chapter 5

Read Esra Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esra in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Esra
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esra. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Esra Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Esra Chapter 5?

Esra Chapter 5 is part of the Book of Esra in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Esra Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from esra

  1. Esra Chapter 2
  2. Esra Chapter 1
  3. Esra Chapter 10
  4. Esra Chapter 9
  5. Esra Chapter 7
  6. Esra Chapter 6
  7. Esra Chapter 8

Explore More from Ou Testament

  1. Nahum Chapter 1
  2. Miga Chapter 5
  3. Psalms Chapter 101
  4. Habakuk Chapter 1
  5. Deuteronomium Chapter 3
  6. Psalms Chapter 78
  7. Deuteronomium Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 59
  2. Johannes Chapter 4
  3. Psalms Chapter 16
  4. Psalms Chapter 62
  5. Esegiël Chapter 48
  6. Ester Chapter 3
  7. Numeri Chapter 15
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *