Read 1 Korintiërs Chapter 3 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 3
Hoofstuk 3
1. En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
2. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
3. omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?
4. Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?
5. Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
6. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
7. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
8. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
9. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
10. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
11. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
13. elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15. as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
16. Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20. en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
21. Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
22. of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;
23. maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
About 1 Korintiërs Chapter 3
Read 1 Korintiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 3
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 3?
1 Korintiërs Chapter 3 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 4
Explore More from Nuwe Testament
- 1 Petrus Chapter 3
- 1 Korintiërs Chapter 13
- Matteus Chapter 1
- Openbaring Chapter 18
- 1 Korintiërs Chapter 7
- Lukas Chapter 5
- Openbaring Chapter 9