2 Korintiërs Chapter 8

For English

Read 2 Korintiërs Chapter 8 Online

Read 2 Korintiërs Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Korintiërs 8

Hoofstuk 8

1. En ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes van Macedónië geskenk is,

2. dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.

3. Want hulle was na vermoë—ek betuig dit—ja, bo vermoë gewillig,

4. en het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang;

5. en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,

6. sodat ons Titus versoek het dat hy, net soos hy tevore begin het, so ook by julle nog hierdie liefdedaad moet volbring.

7. Maar soos julle in alles oorvloedig is—in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons—sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.

8. Ek sê dit nie as ‘n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.

9. Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

10. En ek gee in hierdie saak my oordeel, want dit is voordelig vir julle, omdat julle alreeds ‘n jaar gelede begin het, nie alleen om te doen nie, maar ook om te wil.

11. Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.

12. Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

13. Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie,

14. maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees.

15. Soos geskrywe is: Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.

16. Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het;

17. want hy het my aansporing wel ontvang, maar omdat hy baie ywerig was, het hy uit eie beweging na julle toe vertrek.

18. En ons het ook met hom die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.

19. En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,

20. om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.

21. Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.

22. En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.

23. Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, ‘n eer vir Christus.

24. Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook voor die gemeentes.

About 2 Korintiërs Chapter 8

Read 2 Korintiërs Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Korintiërs
Chapter: 8
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Korintiërs Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Korintiërs Chapter 8?

2 Korintiërs Chapter 8 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2-korintiers

  1. 2 Korintiërs Chapter 11
  2. 2 Korintiërs Chapter 2
  3. 2 Korintiërs Chapter 9
  4. 2 Korintiërs Chapter 7
  5. 2 Korintiërs Chapter 5
  6. 2 Korintiërs Chapter 1
  7. 2 Korintiërs Chapter 12

Explore More from Nuwe Testament

  1. Openbaring Chapter 16
  2. Lukas Chapter 2
  3. 1 Korintiërs Chapter 12
  4. Handelinge Chapter 8
  5. 2 Tessalonisense Chapter 2
  6. Romeine Chapter 15
  7. Lukas Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Josua Chapter 13
  2. Psalms Chapter 114
  3. Job Chapter 6
  4. 1 Kronieke Chapter 5
  5. Jona Chapter 2
  6. Psalms Chapter 67
  7. Genesis Chapter 29
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *