Efesiërs Chapter 3

For English

Read Efesiërs Chapter 3 Online

Read Efesiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Efesiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Efesiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Efesiërs 3

Hoofstuk 3

1. Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is—

2. as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

3. dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;

4. waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

5. wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6. dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7. waarvan ek ‘n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.

8. Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

9. en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

10. sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

11. volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12. in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.

13. Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.

14. Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,

15. van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

16. dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,

17. sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,

18. en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19. en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

20. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

21. aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

About Efesiërs Chapter 3

Read Efesiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Efesiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Efesiërs
Chapter: 3
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Efesiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Efesiërs Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Efesiërs Chapter 3?

Efesiërs Chapter 3 is part of the Book of Efesiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Efesiërs Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from efesiers

  1. Efesiërs Chapter 1
  2. Efesiërs Chapter 6
  3. Efesiërs Chapter 5
  4. Efesiërs Chapter 2
  5. Efesiërs Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Hebreërs Chapter 1
  2. Johannes Chapter 7
  3. Johannes Chapter 8
  4. Johannes Chapter 19
  5. Hebreërs Chapter 7
  6. Kolossense Chapter 3
  7. Johannes Chapter 9

Related Chapters & Readings

  1. 1 Konings Chapter 7
  2. Jakobus Chapter 3
  3. Levitikus Chapter 10
  4. 2 Samuel Chapter 5
  5. Psalms Chapter 104
  6. Openbaring Chapter 13
  7. Jesaja Chapter 11
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *