Read 2 Korintiërs Chapter 10 Online
Read 2 Korintiërs Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Korintiërs 10
Hoofstuk 10
1. En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle—
2. ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.
3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
5. terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
6. en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
7. Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;
8. want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie—
9. anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.
10. Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.
11. Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.
12. Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
13. Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ‘n maat toebedeel het om ook julle te bereik.
14. Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.
15. Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,
16. om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ‘n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.
17. Maar wie roem, moet in die Here roem.
18. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
About 2 Korintiërs Chapter 10
Read 2 Korintiërs Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Korintiërs
Chapter: 10
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Korintiërs Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Korintiërs Chapter 10?
2 Korintiërs Chapter 10 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-korintiers
- 2 Korintiërs Chapter 11
- 2 Korintiërs Chapter 2
- 2 Korintiërs Chapter 9
- 2 Korintiërs Chapter 7
- 2 Korintiërs Chapter 5
- 2 Korintiërs Chapter 1
- 2 Korintiërs Chapter 12
Explore More from Nuwe Testament
- Johannes Chapter 9
- 1 Petrus Chapter 5
- 1 Korintiërs Chapter 10
- Matteus Chapter 23
- 1 Korintiërs Chapter 9
- Galasiërs Chapter 6
- Openbaring Chapter 14