Read 2 Korintiërs Chapter 9 Online
Read 2 Korintiërs Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Korintiërs 9
Hoofstuk 9
1. Want wat die diensbetoning aan die heiliges betref, is dit vir my oorbodig om aan julle te skrywe.
2. Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedóniërs roem, dat Acháje ‘n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.
3. Maar ek het die broeders gestuur, sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie verydel mag word nie, dat, soos ek gesê het, julle gereed kan wees,
4. sodat nie miskien, as daar Macedóniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word in hierdie vertroue van ons roem nie.
5. Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.
6. Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
7. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.
8. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
9. Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.
10. En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
11. sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
12. Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,
13. omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal,
14. terwyl hulle ook in die gebed vir julle na julle verlang vanweë die uitnemende genade van God aan julle.
15. Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe.
About 2 Korintiërs Chapter 9
Read 2 Korintiërs Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Korintiërs
Chapter: 9
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Korintiërs Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Korintiërs Chapter 9?
2 Korintiërs Chapter 9 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-korintiers
- 2 Korintiërs Chapter 11
- 2 Korintiërs Chapter 2
- 2 Korintiërs Chapter 7
- 2 Korintiërs Chapter 5
- 2 Korintiërs Chapter 1
- 2 Korintiërs Chapter 12
- 2 Korintiërs Chapter 6
Explore More from Nuwe Testament
- Lukas Chapter 12
- Matteus Chapter 25
- Romeine Chapter 10
- Titus Chapter 1
- Openbaring Chapter 12
- Handelinge Chapter 4
- 2 Petrus Chapter 2