Read Nehemia Chapter 6 Online
Read Nehemia Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Nehemia and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Nehemia 6
Hoofstuk 6
1. En toe Sanbállat en Tobía en Gesem, die Arabier, en ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie, alhoewel ek tot dié tyd toe geen deure in die poorte gesit het nie,
2. laat Sanbállat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom in een van die dorpe, in die laagte van Ono; maar hulle het gemeen om my kwaad aan te doen.
3. Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen ‘n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?
4. Nog vier keer het hulle op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.
5. Daarop stuur Sanbállat op dieselfde manier vir die vyfde keer sy dienaar na my met ‘n ope brief in sy hand.
6. Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, en Gasmu sê: Jy en die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word—dergelike dinge.
7. Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!
8. Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as dié waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.
9. Want hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. Versterk dan nou my hande!
10. En toe ek in die huis van Semája, die seun van Delája, die seun van Mehetábeël kom, terwyl hy verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.
11. Maar ek het gesê: Sal ‘n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.
12. Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.
13. Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.
14. Dink, my God, aan Tobía en aan Sanbállat volgens hierdie werke van hom, en ook aan Noádja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak.
15. En die muur is voltooi op die vyf en twintigste van Elul, in twee en vyftig dae.
16. En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.
17. Ook het in dié dae die edeles van Juda baie briewe geskrywe wat na Tobía gegaan het, en dié van Tobía het na hulle gekom.
18. Want baie in Juda was deur ‘n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Segánja, die seun van Arag, en sy seun Jóhanan die dogter van Mesúllam, die seun van Berégja, getrou het.
19. Ook het hulle voor my sy goeie bedoelings verhaal en my woorde na hom uitgebring. Tobía het briewe gestuur om my bang te maak.
About Nehemia Chapter 6
Read Nehemia Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Nehemia
Chapter: 6
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Nehemia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Nehemia Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Nehemia Chapter 6?
Nehemia Chapter 6 is part of the Book of Nehemia in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Nehemia Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from nehemia
- Nehemia Chapter 9
- Nehemia Chapter 11
- Nehemia Chapter 2
- Nehemia Chapter 3
- Nehemia Chapter 1
- Nehemia Chapter 10
- Nehemia Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- Genesis Chapter 36
- Esegiël Chapter 38
- Psalms Chapter 87
- Numeri Chapter 9
- Eksodus Chapter 9
- Deuteronomium Chapter 17
- 1 Samuel Chapter 13