Read 2 Korintiërs Chapter 12 Online
Read 2 Korintiërs Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Korintiërs 12
Hoofstuk 12
1. Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.
2. Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
3. En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit—
4. dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.
5. Oor so ‘n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.
6. Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
7. En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
10. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
11. Al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie.
12. Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.
13. Want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef my hierdie onreg.
14. Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.
15. En ek sal baie graag uitgee, ja, myself weggee vir julle siele, al word ek, terwyl ek julle oorvloediger liefhet, minder bemin.
16. Maar laat dit so wees! Ek het julle nie beswaar nie, maar omdat ek slim was, het ek julle met lis gevang.
17. Het ek my dan ten koste van julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het?
18. Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?
19. Dink julle weer dat ons ons by julle verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.
20. Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens nie, en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie—dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid, wanordelikheid;
21. dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.
About 2 Korintiërs Chapter 12
Read 2 Korintiërs Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Korintiërs
Chapter: 12
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Korintiërs Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Korintiërs Chapter 12?
2 Korintiërs Chapter 12 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-korintiers
- 2 Korintiërs Chapter 2
- 2 Korintiërs Chapter 11
- 2 Korintiërs Chapter 7
- 2 Korintiërs Chapter 9
- 2 Korintiërs Chapter 5
- 2 Korintiërs Chapter 1
- 2 Korintiërs Chapter 10
Explore More from Nuwe Testament
- Handelinge Chapter 22
- Openbaring Chapter 2
- 1 Tessalonisense Chapter 2
- Openbaring Chapter 12
- Titus Chapter 2
- Efesiërs Chapter 5
- Lukas Chapter 8