2 Konings Chapter 24

For English

Read 2 Konings Chapter 24 Online

Read 2 Konings Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Konings and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Konings 24

Hoofstuk 24

1. In sy dae het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek, en Jójakim het drie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer.

2. Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon—Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

3. Sekerlik het dit volgens die bevel van die HERE oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4. en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou die HERE nie vergewe nie.

5. En die verdere geskiedenis van Jójakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6. En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

7. En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8. Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ‘n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

9. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vader gedoen het.

10. In dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

11. En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

12. het Jójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13. En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die HERE, soos die HERE gespreek het.

14. En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tien duisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

15. En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16. En al die mense van vermoë, sewe duisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer—dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

17. En die koning van Babel het Mattánja, die oom van Jójagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedekía.

18. Een en twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, ‘n dogter van Jeremía, uit Libna.

19. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos Jójakim gedoen het.

20. Want weens die toorn van die HERE het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

About 2 Konings Chapter 24

Read 2 Konings Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Konings
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Konings Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Konings Chapter 24?

2 Konings Chapter 24 is part of the Book of 2 Konings in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Konings Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2-konings

  1. 2 Konings Chapter 10
  2. 2 Konings Chapter 15
  3. 2 Konings Chapter 22
  4. 2 Konings Chapter 14
  5. 2 Konings Chapter 19
  6. 2 Konings Chapter 18
  7. 2 Konings Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Esra Chapter 9
  2. Jeremia Chapter 15
  3. Genesis Chapter 2
  4. Deuteronomium Chapter 33
  5. Psalms Chapter 60
  6. 1 Samuel Chapter 14
  7. Esegiël Chapter 41

Related Chapters & Readings

  1. Kolossense Chapter 4
  2. Genesis Chapter 8
  3. 1 Kronieke Chapter 17
  4. Spreuke Chapter 3
  5. 2 Samuel Chapter 15
  6. Numeri Chapter 14
  7. Openbaring Chapter 14
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *