Sagaria Chapter 14

For English

Read Sagaria Chapter 14 Online

Read Sagaria Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Sagaria and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Sagaria 14

Hoofstuk 14

1. Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!

2. Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.

3. En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.

4. En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.

5. En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!

6. En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.

7. En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.

8. En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.

9. En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.

10. Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.

11. En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.

12. En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.

13. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.

14. En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.

15. En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.

16. En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.

17. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.

18. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.

19. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.

20. In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.

21. Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.

About Sagaria Chapter 14

Read Sagaria Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Sagaria
Chapter: 14
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Sagaria. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Sagaria Chapter 14 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Sagaria Chapter 14?

Sagaria Chapter 14 is part of the Book of Sagaria in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Sagaria Chapter 14 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 4

Explore More from sagaria

  1. Sagaria Chapter 11
  2. Sagaria Chapter 3
  3. Sagaria Chapter 12
  4. Sagaria Chapter 2
  5. Sagaria Chapter 8
  6. Sagaria Chapter 10
  7. Sagaria Chapter 13

Related Chapters & Readings

  1. Handelinge Chapter 7
  2. Genesis Chapter 13
  3. Psalms Chapter 12
  4. Johannes Chapter 9
  5. Galasiërs Chapter 3
  6. Psalms Chapter 70
  7. Nahum Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *