1 Samuel Chapter 7

For English

Read 1 Samuel Chapter 7 Online

Read 1 Samuel Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Samuel 7

Hoofstuk 7

1. Toe het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.

2. En van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop—dit was twintig jaar—en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.

3. Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.

4. Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.

5. Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid.

6. Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.

7. Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.

8. En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.

9. Toe het Samuel ‘n suiglam geneem en dit as ‘n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor.

10. Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit dié dag met ‘n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.

11. En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.

12. Toe het Samuel ‘n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.

13. En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.

14. Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

15. En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.

16. Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.

17. Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die HERE ‘n altaar gebou.

About 1 Samuel Chapter 7

Read 1 Samuel Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Samuel
Chapter: 7
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Samuel Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Samuel Chapter 7?

1 Samuel Chapter 7 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Samuel

  1. 1 Samuel Chapter 8
  2. 1 Samuel Chapter 7
  3. 1 Samuel Chapter 5
  4. 1 Samuel Chapter 3
  5. 1 Samuel Chapter 4
  6. 1 Samuel Chapter 2
  7. 1 Samuel Chapter 30

Explore More from Ou Testament

  1. Hosea Chapter 7
  2. 2 Kronieke Chapter 31
  3. Deuteronomium Chapter 19
  4. 1 Samuel Chapter 18
  5. Jesaja Chapter 28
  6. Esra Chapter 6
  7. Numeri Chapter 15

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 24
  2. Handelinge Chapter 20
  3. Genesis Chapter 25
  4. 1 Tessalonisense Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 33
  6. Jesaja Chapter 3
  7. Romeine Chapter 10
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *