1 Korintiërs Chapter 6

For English

Read 1 Korintiërs Chapter 6 Online

Read 1 Korintiërs Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Korintiërs 6

Hoofstuk 6

1. Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

2. Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

3. Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

4. As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

5. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

6. Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?

7. Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

8. Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.

9. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

10. Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

11. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

12. Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

13. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.

14. En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.

15. Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!

16. Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.

17. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

18. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.

19. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

20. Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

About 1 Korintiërs Chapter 6

Read 1 Korintiërs Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Korintiërs
Chapter: 6
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Korintiërs Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Korintiërs Chapter 6?

1 Korintiërs Chapter 6 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Korintiers

  1. 1 Korintiërs Chapter 13
  2. 1 Korintiërs Chapter 14
  3. 1 Korintiërs Chapter 12
  4. 1 Korintiërs Chapter 10
  5. 1 Korintiërs Chapter 1
  6. 1 Korintiërs Chapter 8
  7. 1 Korintiërs Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Jakobus Chapter 4
  2. Matteus Chapter 2
  3. Markus Chapter 7
  4. Openbaring Chapter 9
  5. Markus Chapter 12
  6. Kolossense Chapter 1
  7. Galasiërs Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Job Chapter 31
  2. 2 Timoteus Chapter 4
  3. Rigters Chapter 19
  4. Efesiërs Chapter 5
  5. Psalms Chapter 122
  6. 1 Samuel Chapter 19
  7. Job Chapter 19
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *